Vuurbok (astrologie)

丁未

Die Vuurbok (丁未, dīngwèi) is die 44ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vierde Hemelstam (丁, dīng; die element Vuur en Jin) met die agtste Aardtak (未, wèi), gesimboliseer deur die Bok (羊, yáng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Vuurbokjaar het in 1967 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 9 Februarie 1967 tot 29 Januarie 1968.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search